CrimeEditor's choiceNews

Vrou hoor plankvloer kraak, besef inbrekers is in die huis

’n 28-Jarige ma van twee jong kinders het Saterdagoggend om 4vm besef dat daar ’n inbreker in die huis was, toe sy ’n plankvloer hoor kraak het.

“Die vloer kraak net as iemand daarop loop en ek het dadelik besef dat iemand dit reggekry het om in te breek,” het die vrou van Dalview gesê.

Haar man (30) was op ’n visvang uitstappie en sy was alleen tuis met die egpaar se kinders wat 10 maande en drie jaar oud is.

“Ek was gelukkig wakker, want die honde by die bure was baie onrustig,” het die vrou vertel.

“Die dief of diewe het ’n staalhek oopgebreek en toe ’n houtdeur. Toe ek die voetstappe op die houtvloer hoor het ek besef dat daar iemand in die huis was.”

“Ek het dadelik ’n paniekknoppie, wat by my was, geaktiveer en die persoon of persone in die huis het op die vlug geslaan.”

Die Brakpan Radio Groep het die vrou te hulp gesnel en die televisiestel wat die inbreker gevat het in die tuin gevind.

“Dit was regtig baie angswekkend en ek is baie dankbaar dat die Radio Groep se mense se vinnig gereageer het,” het die vrou gesê.

Dit het later aan die lig gekom dat die booswigte een van die buurman se honde vergiftig het.

Die voorval is by die SAPD aangemeld.

Lees ook:

Ma en kleuter getraumatiseerd deur grypdief

Waarskuwing: So lok kriminele jou uit jou huis

Dief byt vrou se ring van haar vinger af

Related Articles

Back to top button