Local newsNews

Motoris ry bedelaar raak

Sy toestand is nie bekend nie.

’n Bedelaar, wat vanoggend op die kruising van Farquharson- en Springsweg gestaan en bedel het, is beseer toe hy na bewering deur ’n motoris raakgery is.

Talle bedelaars staan daagliks by die besige kruising en bedel en talle inwoners het al hul misnoeë daaroor te kenne gegee.

Andries du Toit, wat aan die ander kant van die kruising gestaan en bedel het, het gesê dat hy nie die ongeluk sien plaasvind het nie.

Hy het die naam en ouderdom van die beseerde persoon verskaf, maar die Herald weerhou dit op hierdie stadium.

Die beseerde man is per ambulans na ’n naby geleë hospitaal geneem. Sy toestand is nie bekend nie.

Related Articles

Back to top button