Editor's choiceMunicipalNews

Vind jou stemlokaal hier

Met die oog op die munisipale verkiesings, word inwoners aangeraai om te registreer om te kan stem.

Read the English version here

Stemlokale sal vanaf 8vm tot 5nm oop wees hierdie naweek (Saterdag en Sondag) sodat nuwe kiesers ook die kans gegun kan word om te registreer.

Dit sal ook ’n geleentheid bied vir kiesers wat reeds geregistreer is om hul nodige inligting op datum te bring of om seker te maak hulle registrasie besonderhede is korrek.

Alle stemgeregtigdes (Suid-Afrikaanse burgers wat 18-jaar en ouer is) moet seker maak dat hulle geregistreer is in die regte stemdistrik, aangesien kiesers slegs mag stem in die distrik waar hulle woonagtig is.

Die Verkiesingskommissie herinner alle kiesers dat dit ’n kriminele oortreding is om te registreer in ’n stemdistrik waarin kiesers nie woonagtig is nie.

Daar is ’n aantal maniere hoe kiesers hul korrekte stemlokaal kan vind:

• Bel die Verkiesingskommissie kontaksentrum gratis op 0800 11 8000, tussen 7vm en 9nm op weeksdae.

• Vind jou stemlokaal aanlyn deur hier te kliek.

• Skakel *120*IEC# (*120*432#).

Kiesers wat reeds geregistreer is kan hul ID-nommer SMS na 32810 (SMS kos R1) om hul registrasie besonderhede te ontvang, insluitend die naam van hul stemlokaal.

Kiesers moet hul ID-boekie, ID-kaart of ’n geldige tydelike ID-sertifikaat na die stemlokaal neem.

Geen ander vorme van ID word vir registrasie aanvaar nie.

Die verkiesingsdatum sal nog bekend gemaak word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button