CrimeEditor's noteNews

Polisie soek inligting

Die Brakpan SAPD het die publiek versoek om na vore te kom met inligting.

’n Saak word sedert September ondersoek nadat ’n 28-jarige man oorlede is in die Chris Hani Baragwanath Hospitaal.

Volgens inligting het die man na bewering op 3 September beserings opgedoen by ’n substasie in Prince Georgelaan.

Die man is op 17 September in die hospitaal oorlede.

Die vermoede is dat die man nie alleen was toe hy die beserings by die substasie opgedoen het nie.

Enigiemand met inligting word versoek om die ondersoekbeampte speurder a-o Albert van Wyk by 011 741-4800 te kontak.

Lees ook:

Detectives appeal for information after decomposing body is found

Related Articles

Back to top button