Editor's choiceLocal newsNews

Geliefde oud-onderwyseres word uit haar eie kerkie begrawe

’n Bekende en geliefde oud-onderwyseres van die dorp is Maandagoggend oorlede.

Bets Coetser (88) of Ma Bets soos sy alom bekend was, is na ’n lang siekbed in die Kosmos Tehuis in Boksburg oorlede.

Honderde klein kinders van die dorp het van hul skooljare in die klaskamer van Bets beleef.

Sy was vir vele jare verbonde aan Laerskool Denne-Oord, voordat dit gesluit het. Daarna was sy verbonde aan Muriel Brand Skool en later het sy vir die kleintjies van Amanda Kleuterskool touwys gemaak.

Sy was veral betroke by die opvoeding van jonger kinders en het nooit geskroom om die ekstra myl te stap vir enige van haar “kleintjies” nie.

Bets was getroud met Ian Coetser wat in 1986 oorlede is.

Die pragplot in Witpoort wat die egpaar in ’n lushof omskep het, is ’n bekende landmerk in die dorp.

Dit huisves onder andere Liewe Jesus se Kerkie, een van die kleinste kerkies in die land.

Die begrafnis vind Donderdag vanuit die Liewe Jesus se kerkie plaas.
Die Liewe Jesus se kerkie.

Menigte mense het al van die kerkie gebruik gemaak om te trou.

Die begrafnis vind Donderdag vanuit Liewe Jesus se Kerkie plaas.

Kyk hier na meer foto’s

Related Articles

Back to top button