Aardskudding laat talle inwoners uit hul beddens wip

Talle Brakpan inwoners het gister (Woensdag) dou voor dag ‘n aardskudding gevoel.

Sover bekend is dit slegs Brakpan, Benoni en Springs inwoners wat gisteroggend (Woensdag) klaarblyklik gevoel het hoe die aarde skud.

Die meeste Brakpan inwoners blyk saam te stem dat die aardskudding ongeveer 3.25vm plaasgevind het.

Die Herald het gister op Facebook gevra: Het jy vanoggend vroeg ’n aardskudding in die Brakpan area gevoel?

Hier is van die inwoners se kommentaar:

· Jeanine Boshoff: Jip, het wakker geskrik. Vensters het geraas gemaak, bed het geruk. Eerste ding my man wakker gemaak en gevra of hy dit ook gevoel het. Was ‘freaked out’. My tannie het gedink hier was iemand in die huis.

· Japie Naude: Ja, het hom gevoel hier in Brenthurst so 3.25vm vanmore. Het my boeglam geskrik. Sommer regop gespring langs my bed.

· Yvonne Nortjé Stroebel: Ja, baie duidelik gevoel. My hond het gister al begin om die heeldag in die huis te lê. Hulle sê mos diere voel dit aan.

· Bianca Lottering: Ja, ek en my man het wakker geword van dit 3.25vm. Almal se honde het mal gegaan.

· Monica Rosslee Booysen: Ja, ek was wakker. Was darem nie vir lank nie, so was beslis net ’n skudding en nie ’n aardbewing nie.

· Julie Hopkins: Ek bly in Springs en het wakker geword van dit.

*Van die kommentaar is ietwat gewysig.

 

Exit mobile version