Editor's noteLocal newsNews

Skenk water aan droogtegeteisterde Vrystaat

Die droogte, op verskeie plekke in die land, het ’n groot impak en pluk aan baie mense se hartsnare.

Danksy Solidariteit Helpende Hand se takke in Gauteng-Suid kan almal wat omgee nou help.

Die organisasie is besig om liters water in te samel om aan die droogtegeteisterde Vrystaat te skenk.

Die publiek kan betrokke raak deur bottels water na hul naaste Helpende Hand-tak te neem.

Die projek se naam is Aquarius (waterdraer) en benodig soveel moontlik “waterdraers” om die waterskaarste, in veral die Vrystaat, te verlig.

Adele Kruger, Helpende Hand se streeksorganiseerder in Gauteng-Suid, het besluit om die projek aan te pak omdat die droogte soveel mense raak.

“Die nuus loop oor van hartverskeurende foto’s van vel-en-been diere wat vrek, van braak, stowwerige mielielande en ’n onverbiddelike son uit ’n wolklose hemel,” sê Kruger.

“Ons voedsel sekerheid is in gedrang, ons moet saamstaan en hande vat rondom hierdie water en voer krisis.”

Vrywilligers in die 16 takke in Gauteng-Suid is reeds besig om soveel moontlik twee liter bottels met water te vul sodat dit by die afsetpunte besorg kan word, voordat dit na die Vrystaat vervoer sal word.

Persone wat wil inskakel by Aquarius, kan vir Mariette van de Werken by 071 548 8013 kontak.

Related Articles

Back to top button