Editor's choiceLocal newsNews

VIDEO: Man op kwadfiets val hom katswink in mense se tuin, jaag net weg

Die Van Jaarsveldt-gesin van Brenthurst het op Oujaarsdag ‘n ongenooide gas by hul huis gehad, wat sy rieme lelik styf geloop het.

Johan en Rina van Jaarsveldt van Greenstraat, het met die terugkeer van hul vakansie, danksy sekuriteitskameras wat by hul huis aangebring is, gesien presies hoe daar skade aan hul buitemuur en hek aangerig is.

‘n Man, wat met ‘n kwadfiets, sonder ‘n valhelm gery het, het tussen 3nm en 3.30nm met ‘n woeste slag in die hek vasgery en daarna hard met Moeder Aarde kennis gemaak.

Op die video kan gesien word hoe die man  wankelrig op sy voete kom en weer op die kwadfiets klim en wegry.

“Daar is skade aan ons muur en hek en ons voel dat die man moet Pa staan vir die skade wat hy veroorsaak het,” het Rina van Jaarsveldt gesê.

Lees ook:

Polisie waarsku: Kwadfietsryers kan in die sop beland

Twee mans in Minnebron geskiet na geveg oor kwadfiets wat stof maak

Related Articles

Back to top button