Hewige sterk storm saai verwoesting

‘n Verwoestende windstorm, met gepaardgaande reën en hael, het Saterdagmiddag deur die dorp getrek en in sekere areas groot skade aangerig.

Die storm wat veral dele van Brenhurst, Dalview en Rand Collieries getref het, het skaars 15 minute geduur, maar die skade was gou duidelik.

Massiewe bome is ontwortel en talle paaie is versper. By baie wonings is mure omgewaai  en by ‘n besigheid in Dalview is staal naamborde platgevee deur die sterk wind.

‘n Muur by ‘n huis in Tweedyweg is platgevee deur die sterk wind.

Sover bekend is niemand beseer nie.

Kyk hier na meer foto’s

Lees ook: Haelstorm rig derduisende rande se skade aan

Exit mobile version