Editor's choiceMunicipalNews

Ekurhuleni verslap waterbeperkings

Reservoir vlakke is tans bo 70 persent.

Click here for the English version

Die Ekurhuleni Metropolitaanse Munisipaliteit (EMM) het waterbeperkings opgehef, wat verlede maand ingestel is om watertekorte, wat regdeur die provinsie ervaar word, te bekamp.

Samewerking deur die inwoners en sake-verbruikers, sowel as die koms van seisoenale reënval, wat temperature afgekoel het, het verseker dat reservoirs stabiel oor die afgelope paar weke gebly het.

“Reservoir vlakke is tans werksaam bo 70 persent en ons is in ’n posisie om die totale verbod op die besproeiing en die vul van swembaddens te lig,” sê Ekurhuleni woordvoerder, Themba Gadebe.

“In plaas daarvan sal ons tyd-gebonde beperkings implementeer, waardeur geen besproeiing aktiwiteite mag plaasvind tussen 8vm en 4nm nie,” het hy vervolg.

Gadebe het egter gewaarsku dat verbruikers aktiewe vennote in die besparing van water moet bly en dié skaars hulpbron spaarsamig moet gebruik.

“Hoewel die situasie verbeter het, maak ons steeds ’n beroep op inwoners om te hou by die waterbesparing maatreëls, soos om te weerhou van die gebruik van tuinslange om tuine te water of om motors en geplaveide buite gebiede te was, veral tussen 8vm en 4nm,” het hy gesê.

Verbruikers word ook aangemoedig om lekkasies te herstel op hul eiendom, en die te rapporteer wat die aandag van die munisipaliteit vereis aan die munisipale dienste oproepsentrum by 086 054 3000.

Related Articles

Back to top button