Local newsNews

Inwoner word ‘n eeu oud

Elke verjaarsdag in ‘n mens se lewe is spesiaal, maar ‘n inwoner van Dalpark het Dinsdag (8 Desember) ‘n uiters besondere verjaaarsdag gevier, toe sy 100 jaar oud geword het.

Vriende en familie van Anna Ellis het Saterdag reeds bymekaar gekom om haar verjaarsdag saam met haar te vier.

Die spesiale verjaarsdagkoek wat vir Anna Ellis se 100ste verjaarsdag gemaak is.
Die spesiale verjaarsdagkoek wat vir Anna Ellis se 100ste verjaarsdag gemaak is.

Alhoewel sy vir die afgelope drie jaar bedlêend is, geniet sy relatiewe goeie gesondheid en kan sy nogsteeds met haar geliefdes kommunikeer.

Haar dogter, Kitty (67), by wie sy woon, vertel dat haar ma die wonderlikste tuisteskepper ooit was.

“My pa, Hans, wat net voor sy 80ste verjaarsdag oorlede is, het sy lewe lank op verskillende myne gewerk en my ma was altyd daar vir haar gesin,” het Kitty vertel.

Anna en Hans het vyf kinders gehad. waarvan nog net Kitty en Tienie (76) lewe.

“As my ma iets gebak of ingelê het, was dit altyd perfek en was dit altyd met die mooiste, fynste lappie of doekie opgedien,” het Kitty gesê.

“Sy het klere so perfek gemaak dat ‘n mens dit kon omdop en aan die verkeerde kant ook dra.”

Anna en haar gesin het vir baie jare in Brakpan gewoon voordat hulle weggetrek het.

Sy bly sedert 2007 weer op die dorp.

Anna het sewe kleinkinders en ses agterkleinkinders.

“Ons het Saterdag ‘n wonderlike dag saam met ons vriende en familie gehad, en dit is ‘n absolute voorreg om nog ons ma, ouma en oumagrootjie by ons te kan hê,” het Tienie, haar seun, gesê.

Lees ook:

Saam is die twee 189 jaar oud

Related Articles

Back to top button