Editor's noteLocal newsNews

Min tyd om jou foto vir die voorblad te stuur

Die laaste uitgawe van die Herald verskyn op 18 Desember en soos in die verlede vra ons weer vir die publiek om vir ons ’n gepaste voorbladfoto te neem.

Click here for the English version

Wat jy in ag moet neem voordat jy ’n foto deurstuur:

  • Foto’s sal slegs oorweeg word indien dit ’n Kersfeestema het en daar moet ten minste een persoon in die foto wees.
  • Die foto moet in j-peg formaat wees en nie digitaal gemanipuleerd wees nie.
  • Foto’s moet ook ten minste 1 MB groot wees.
  • Foto’s mag nie langer as ’n maand oud wees nie (dus sal verlede jaar se Kersfeesfoto’s nie werk nie).

Die volgende inligting moet saam met die foto ingestuur word:

  • Name, vanne en ouderdomme van al die persone in die foto.
  • ’n Kort beskrywing van die foto insluitend waar en wanneer dit geneem is.
  • Naam, van en kontaknommer van die fotograaf.

*Sonder hierdie inligting sal foto’s nie in ag geneem word nie.

Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za of jy kan die foto by ons kantoor, te Hendrik Potgieterstraat 25 in Dalview, inhandig.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is 10 Desember om 9vm.

Related Articles

Back to top button