Editor's noteLocal newsNews

Kersvader verbly weer kinderharte

Na die dood van Brakpan se eie Kersvader in Oktober 2014 is daar weer ’n persoon wat sorg dat kinders van die dorp ’n bietjie opgewondenheid kan beleef.

Thys Jansen van Vuuren het, voor sy dood, vir 21 jaar lank, elke Desember die rol van Kersvader ingeneem en oor die jare derduisende kinderharte verbly.

Norman Hunter, ’n vriend van Thys wat hom ook voorheen gehelp het met sy Kersvader-projekte, hou vanjaar sy lyf Kersvader.

“Ek en Thys het maar altyd so saam-saam gewerk en ek het besluit dat die tradisie wat hy begin het en vir soveel jare volgehou het, nie moet uitsterf nie,” het Norman gesê.

Norman ry saans, net soos Thys dit gedoen het, in ’n versierde bakkie rond, speel Kersmusiek en deel lekkergoed aan die kinders van die dorp uit.

“Die kinders geniet dit baie en ek is bly dat ek kan voortgaan met ’n tradisie wat jare gelede deur ’n mens met ’n groot hart begin is,” het Norman gesê.

Lees ook:

Brakpan se Kersvader sterf

‘Kersvader’ met lang mes gedreig

Christmas comes early

Related Articles

Back to top button