CrimeEditor's choiceNews

Ondersoek duur voort nadat man vermoor is

Die ondersoek duur steeds voort in die saak waar ’n man op Nuwejaarsdag vanjaar gesteek is en later gesterf het

Die 21-jarige man is verskeie kere in die bolyf gesteek en is die volgende middag (2 Januarie) in die Tambo-gedenk-hospitaal in Boksburg oorlede.

Inligting ontvang van die polisie toon dat die man op 1 Januarie, ongeveer 1.30vm in ’n bakleiery in Augrabiesstraat, Dalpark betrokke was.

Volgens kapt. Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, is daar aanvanklik ’n dossier van aanranding met die doel om ernstig te beseer geopen, maar dit is verander na moord.

“Die ondersoek duur steeds voort en ons versoek dat die publiek na vore kom met inligting,” het Joubert gesê.

Die ondersoekbeampte in die saak is s-ao Albert van Wyk en hy kan gekontak word by 011 744 4800.

Lees ook:

“Do as we say and we won’t hurt you

SAPS arrest 29 suspects

Related Articles

Back to top button