Editor's choiceLocal newsNews

Tiener oorleef bye aanval, troeteldiere dood

Die 16-jarige, Wessel Swart wat Vrydagoggend by sy ouerhuis in Stasieweg deur bye aangeval is, het goed herstel en is Saterdag uit die hospitaal ontslaan.

Lees die oorspronklike berig hier

Die gesin se drie honde, twee Jack Russels en ’n boerboel, het egter nie oorleef nie.

Dié drie diere is dood nadat hulle ook deur die aggressiewe bye aangeval is.

Wessel se ma, Linda, het Maandagoggend aan die Herald gesê dat dit goed gaan met hom, alhoewel sy lyf nog effe styf en seer is.

Wessel, wat allergies vir bye is, is Vrydag in die intensiewe sorgeenheid van die Life Dalview Kliniek opgeneem nadat hy talle kere deur bye gesteek is.

Lees ook:

Dief vergiftig hond, breek motorhuis oop 

Related Articles

Back to top button