Dief vergiftig hond, breek motorhuis oop

’n Egpaar van Anzac se Boerboel is Vrydagnag vergiftig voor daar by hulle motorhuis ingebreek is.

Linda (50) en Johan Bekker (50) van Strangelaan het Vrydagaand om 9nm die deure en vensters van hul huis toegemaak en gesluit.

“Ons het daarna rustig geraak en vroeg Saterdagoggend opgestaan,” het Linda verduidelik.

“Ons maak altyd die deur oop sodat Roxie, ons Boerboel, kan kom groet en dan gee ons vir haar ’n koekie of ietsie om te eet.”

“Ek het gedink dis snaaks dat sy nie ingekom het nie en het gaan kyk waar sy is,” het Linda vertel.

Nadat sy opgemerk het dat die motorhuisdeur oopgebreek is, het sy vir Johan gaan roep.

Johan het ondersoek ingestel en gesien dat Roxie vergiftig is. Sy was reeds dood.

“Ons woon sowat drie jaar hier en het vir Roxie gekry toe ons hier ingetrek het. Dit was nie lekker om te sien nie,” het Linda gesê.

Sover die Bekkers kon agterkom is daar ’n kantsnyer uit die motorhuis gesteel.

’n Saak is by die SAPD aangemeld.

Lees ook:

Inbrekers bind Minnebron egpaar vas in bed

So maak jy diewe se lewe baie maklik

Family survives armed robbery

Bekende in die vermaaklikheidswêreld saam met sy gesin beroof en aangerand

Hijackers take off with victims still in the car

Minnebron man (24) recovers at home after being shot

Man (51) beaten and dumped at school after hijacking

Exit mobile version