Editor's noteLocal newsNews

Daar is hoop vir dié wat swaar kry

Solidariteit Helpende Hand het onlangs ’n tak in Brakpan gestig om hulp te verleen aan inwoners wat swaar kry.

Die tak, onder leiding van Esmé Strauss, beoog om binne die volgende paar maande ’n daadwerklike verskil te maak in die area.

“Ons is tans opsoek na vrywilligers om die tak nog sterker te maak,” het Strauss gesê.

“Daar gaan gefokus word op ’n verskeidenheid van projekte. Ons gaan skooltassies uitdeel aan behoeftige graad een leerders en ons beoog om ’n voedselprojek aan die gang te kry om behoeftige kleuter- en laerskole te help.”

Solidariteit Helpende Hand is ’n nasionale organisasie wat fokus op die voorkoming, verbreking en verligting van armoede.

Om deel te word van die tak, of om meer uit te vind van Helpende Hand se projekte besoek www.helpendehand.co.za, kontak Strauss by 084 225 9100 of stuur ’n e-pos na esmestrauss68@gmail.com

Related Articles

Back to top button