Editor's choiceLocal newsNews

Was jou matriekafskeid so ietwat ongewoon?

Die Herald sal van nou tot en met ons laaste uitgawe, in Desember (18 Desember), foto’s van leerders se matriekafskeid funksies plaas.

Foto’s kan per e-pos gestuur word na malissas@caxton.co.za, of by ons kantoor te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview, ingehandig word.

Dit is baie belangrik om die name en vanne van die persone in die foto aan te dui, asook watter skool se matriekafskeid dit was.

Foto’s wat nie dié besonderhede by het nie sal nie gepubliseer word nie. Foto’s wat van swak gehalte is sal ook nie oorweeg word vir plasing nie.

Alhoewel ons alles in ons vermoë sal doen om al die foto’s te plaas, kan ons nie verantwoordelik gehou word indien alle foto’s nie verskyn nie.

Daar is geen koste verbonde aan die plasing van ‘n foto nie.

Ons wil ook graag hoor van leerders wat so bietjie meer gewaag het op hul matriekafskeid. As jou uitrusting ongewoon was of indien jy op ‘n buitengewone manier jou opwagting gemaak het by die funksie sal ons daarvan wil hoor.

Moenie wag nie. Stuur vir ons dadelik die inligting.

Lees ook:

A matric farewell should not be a punishment tool

Wenners kies hul matriekafskeidrokke

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button