Local newsNews

Vyf geslagte byeen

Daar was die afgelope naweek groot opgewondenheid vir ‘n baie spesiale familie, toe vyf geslagte bymekaar gekom het.

Die vyf, almal die oudste van elke geslag, is ook almal van een kant van die familie.

Groot grootouma, Dina Maria Coetzee (97), of Dienie soos sy genome word, is die eerste in die geslag en was verheug om die oomblik te kon beleef. Sy woon in die Panorama Aftree-oord in Belville, en het in Brakpan kom kuier.

Sy is op 18 Maart, 1919, te Heidelberg in die Kaap gebore.

Sy is die oudste van sewe kinders en het nog vier lewende susters, waarvan die jongste 87 jaar oud is.

Sy is in 1942 met Joseph Adriaan Coetzee getroud, nadat hulle mekaar tydens die Tweede Wêreld Oorlog ontmoet het. Hulle albei was werksaam in die weermag. Sy was ‘n sersant in die kantore en hy ‘n luitenant vlieënier. Hulle het vier kinders gehad.

Ouma Dienie se pa, Francois Raal, het 102 jaar oud geword en twee van sy susters het, onder andere, 103 en 107 jaar oud geword.

Ouma Dienie se neef, Jan Volschenk, het in Augustus 2014, 110 jaar oud geword en lewe nog.

Haar oudste dogter, Dina Hall, (die tweede geslag) was op 18 September 72 jaar oud en woon in Dalview.

Dina, en haar man, Christiaan, wie oorlede is, het drie kinders gehad.

Die oudste van dié drie kinders, Gawie Pretorius (53) is die derde geslag.

Hy is te Delareyville in die Noord-Wes gebore, maar woon tans in Kenleaf.

Hy is die hoof uitvoerende beampte van Belt Brokers PTY Ltd.

Sy oudste dogter, Eloise Taljaard (vierde geslag), is 28 jaar oud en is in Oktober 2013 met Japie Taljaard getroud.

Die egpaar woon tans in Overkruik, Heidelberg, en sy is die bestuursrekenmeester van Wiesenhoff Holdings; Kobus Wiese se hoofkantoor.

Eloise en Japie se kind, Anike Taljaard (vyfde gslag), is vanjaar op 2 Januarie gebore.

Wat ook uniek is, is dat groot groot ouma Dienie se vier kinders ook elkeen net een seun het.

Related Articles

Back to top button