Hekmotor diewe is baie bedrywig

Inwoners van die dorp moet bewus wees daarvan dat hekmotor diewe steeds bedrywig is.

Die Herald het vroeër die week ‘n berig geplaas oor ‘n inwoner van Joneslaan, wat briesend is oor haar hekmotor wat vernietig is deur diewe. (“Brakpan-krappers” krap waar dit nie jeuk nie).

Intussen het nog ‘n inwoner, met wie dieselfde gebeur het, na vore gekom.

Dewalt Strydom (27) van Hoylaan het vertel dat hy en sy gesien hul huis Vrydagoggend vroeg verlaat het.

“Toe ons later die aand by die huis kom was ons hekmotor in stukke,” het hy gesê.

“Ek het van die parte buite die hek opgetel. Die ‘PC board’ is gesteel en die res is uitmekaar gehaal,” het Dewalt gesê.

Die dief of diewe het ook by ‘n buitekamer ingebreek en gereedskap en ‘n kragopwekker gesteel.

Die voorval is by die SAPD aangemeld.

Lees ook: Pasop, diewe soek jou hekmotor

 

Exit mobile version