NewsSchools

Groot ring verseël twee skole se verlowing

Hoërskool Die Anker en Olympia Park Skool in Springs het verlede week aan mekaar verloof geraak.

Hoërskool Die Anker en Olympia Park Skool in Springs het verlede week aan mekaar verloof geraak.

Dié inisiatief is deur Olympia Park Skool begin met die gedagte om ‘n interskole sosiale aksie aan die gang te kry, sodat onderwysers van skole mekaar kan leer ken.

Die Anker sal nou weer op hul beurt ‘n ander skool nader om aan hulle verloof te raak.

Personeellede van Hoërskool Die Anker wat die verlowingspartytjie geniet het is (van links): Ansophie Kotze  , Elana Roos, Ariska van Zyl  en Kariena Pothas.
Personeellede van Hoërskool Die Anker wat die verlowingspartytjie geniet het is (van links): Ansophie Kotze , Elana Roos, Ariska van Zyl en Kariena Pothas.

Olympia Park Skool het baie moeite gedoen.  Die tafels was feestelik gedek en almal het ‘n geskenkpakkie ontvang, met ‘n ete.

Die musiek vir die verlowingspartytjie is deur “12 Boor” verskaf en die reuse  verloofring is deur Eddie Norton van Olympia Park gemaak.

Personeel van beide die skole het lekker saam gekuier en die verlowing goed gevier.

 

Related Articles

Back to top button