CompetitionsLifestyleLocal newsNews

Deel die koms van Lente met ‘n foto

Dinsdag (1 September) is dit amptelik Lente en as die warm en sonnige weer van die afgelope paar dae ’n voorlopige aanduiding is van die weer wat Brakpan kan verwag, lyk dinge sommer rooskleurig.

Om die lente te vier nooi ons lesers uit om vir ons foto’s met ’n lente-tema te stuur.

goodbye winter hello spring

Die beste en mooiste foto wat ons ontvang, sal in die uitgawe van 4 September gepubliseer word en die ander inskrywings sal op ons webtuiste, www.brakpanherald.co.za, geplaas word.

Hou die volgende in gedagte:

  • Daar moet ten minste een persoon in die foto wees.
  • Foto’s moes onlangs geneem gewees het, (drie jaar terug se vakansiefoto gaan nie werk nie).
  • Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB groot wees.
  • Foto’s wat digitaal gemanipuleer is, sal nie in ag geneem word nie.
  • Die name, vanne en ouderdomme van almal op die foto moet verskaf word.
  • Sluit ’n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is, in.
  • Die persoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.
  • Foto’s kan per e-pos gestuur word na brakpanherald@caxton.co.za met ‘Lente foto’s’ in die onderwerpboks.
  • Die sluitingsdatum is Dinsdag (1 September) 10vm.

Lees ook:

Spring into action this casual day

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button