Local newsNews

Radio Groep rol moue op om bejaarde te help

Lede van die Brakpan Radio Groep het hulle ontferm oor ’n bejaarde vrou (88) wat alleen in ’n groot huis in Dalview woon.

Die huis se tuin, wat net deur lae mure omring word, was oorgroei en het ’n onveilige situasie vir die vrou geskep.

Volgens ’n lid van die Radio Groep het boemelaars soms oor die muur geklim en ’n slaapplek tussen die ruig plantegroei gevind.

Saterdag het mans en ’n paar vroue van die groep, die tuin aangedurf en bewys dat baie hande ligte werk maak deur die tuin behoorlik skoon te maak.

Dinsdagoggend het die vroue, gewapen met handskoene, lere en skoonmaakmiddels die huis se vensters gewas.

Die vrou, wat versoek het dat haar naam nie gepuliseer word nie, het gesê dat sy die Brakpan Radio Groep nie genoeg kan bedank nie.

“Saterdag was daar seker 100 mense hier. Daar was nie eers plek vir ’n muis nie. Ek is baie, baie dankbaar dat hierdie mense, wat nou almal soos my kinders is, my kom help het,” het die vrou gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button