Local newsNews

Vandale maak amok by skool

Vandale het onlangs ’n parkeerterrein, wat aan Die Heuwel Christian School grens, ontsier.

Die skool is naby die Brakpan wandellaan geleë wat deesdae die bymekaarkom plek van hawelose mense blyk te wees.

“Toe ek verlede Dinsdag by die skool aankom het die parkeerterrein naar gelyk,” het die skool se direkteur, Renata Griffin gesê.

“Van die plante teen die muur is die vorige dag al afgekap en in die aand het iemand dit aan die brand probeer steek,” meen Griffin.

’n Groot stomp is ook vermoedelik aan die brand gesteek en het steeds gesmeul toe Griffin verlede Dinsdagoggend by die skool aangekom het.

“Ons moes die gemors op eie onkoste verwyder. Ons wys nie vingers na enige iemand nie, maar dit is werklik onaanvaarbaar dat mense so optree,” het Griffin gesê.

Lees ook:

Mense wat soos varke mors verdien nie simpatie nie

Ageruitgang by Jan Smutsdam is opvallend

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button