Editor's choiceLocal newsNews

Bekende oud-onnie word 90 jaar

Japie Steyn, ‘n bekende oud-onderwyser van die Hoërskool Stoffberg, vier vandag (Maandag) sy 90ste verjaarsdag.

Dié gewilde en toegewyde onderwyser het in 1952 by Stoffberg begin skool hou.

Die vak wat hy aangebied het was aardrykskunde, maar hy was ook ‘n groot sport entoesias.

Hy was, onder andere, voorsitter van die Oos-Transvaalse Hoërskole Atletiekvereniging, asook die Oos-Transvaalse Hoërskole Rugbyvereniging.

In 1957 het hy ‘n pos in Hottentots Holland gekry, maar in 1958 het hy weer terug gekeer na Stoffberg.

Hy het ‘n lang en gelukkige loopbaan, tot en met sy aftrede in 1985, by Stoffberg geniet.

Sy voete het lekker gejeuk, na aftrede, en hy en sy vrou, Marie, het die afgelope paar jare baie vakansies beleef.

Dit was Namibië, Mozambiek, Zimbabwe, Botswana en al die provinsies in die RSA. Die Kruger Wildtuin was beslis ‘n gunsteling en het voorkeur gekry, met vyf besoeke per jaar.

Japie en Marie het vir ‘n ruk in George gaan bly, maar woon weer die afgelope sewe jaar in Gauteng, om nader aan hul kinders en kleinkinders te wees.

Lees ook: Egpaar vier 65ste huweliksherdenking

.

Related Articles

Back to top button