CrimeNews

Skietery toe gewapende rowers tydens beurtkrag toeslaan

Vier gewapende rowers het gisteraand (Dinsdag), tydens beurtkrag, toegeslaan by DJ Butcher in Prince Georgelaan.

Die voorval het om ongeveer 7nm plaasgevind.

Volgens inligting van die SAPD, het een van die rowers ‘n koeldrank gekoop en toe hy betaal het hy glo ‘n vuurwapen op die eienaar gerig.

‘n Struweling het ontstaan en skote is afgevuur.

Twee werknemers is volgens inligting in die proses gewond en die rower is ook raakgeskiet.

Die booswig het probeer vlug maar, voordat hy in ‘n taxi kon klim, is hy deur lede van die Brakpan SAPS gearresteer.

Sy drie makkers kon egter daarin slaag om weg te kom.

Die gewonde rower is onder polisiebewaking in ‘n hospitaal.

Daar is ook beslag gelê op ‘n vuurwapen en volgens die SAPD is selfoonkaarte en kontant, ter waarde van ongeveer R45 000, gevat.

Enigiemand wat inligting oor die voorval kan verskaf, en veral ooggetuies, word versoek om speurder adj-o Dirk Carstens by 073 205 8138 te skakel.

Lees ook:

Rower se lyk gekry nadat vrou in maag geskiet is

Thief must pay back the money

Man arrested for robbery at filling station

Customers threatened during business robbery

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button