Gewapende rowers skiet vrou in maag, wond man in been

‘n 63-Jarige vrou is in ‘n kritieke toestand nadat sy vanmiddag (Woensdag) buite ‘n huis deur gewapende rowers in die maag geskiet is.

‘n Motoris, (40) wat verby die huis gery het en haar te hulp gesnel het is in die been gewond.

Die voorval het  ongeveer 1.25nm te  McCullem Straat , Brakpan-Noord plaasgevind.

Volledige detail is nog nie beskikbaar nie.

Volgens kapt Joep Joubert, woordvoerder van die Brakpan SAPD, het die man verby die huis gery toe hy gesien het dat die vrou in die moeilikheid was.

Hy het verskeie skote op die rowers geskiet. Hy is deur een van die mans in die been geskiet.

Die twee booswigte kon daarin slaag om in hul silwer/grys BMW weg te jaag.

Meer inligting sal volg.

Kyk hier na meer foto’s

Exit mobile version