CrimeLocal newsNewsUpdate

Opvolg: Soektog na vermiste man gaan voort

Die soektog na die vermiste David John Bardsley (51) het tot dusver nog niks opgelewer nie.

‘n Groot groep mense , wat lede van die SAPD en die publiek ingesluit het, het gister (Dinsdag) ‘n veld, wat aan Hannahstraat grens, gefynkam.

Daar is op dié gebied gekonsentreer aangesien die vermiste persoon daar naby bly en nadat ‘n duvet met bloedvlekke in die veld gevind is; die duvet behoort aan die vermiste persoon .

Lede van die SAPD het gisteraand tot laat voortgegaan om na  leidrade in die veld te soek.

Bardsley se broer, Melvin (45) het gisteroggend (Dinsdag) aan die Herald gesê dat hy sy broer verlede Maandag vir die laaste keer gesien het. Hy het hom Saterdag as vermis gaan aanmeld.

“Ek is diep bekommerd en ek hoop dat hy veilig is,” het hy gesê.

Lees die oorspronklike berig hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button