CrimeLocal newsNews

Vier swaar gestraf vir roof by besigheid

Vier mans, wat Jet Mart in 2013 beroof het, is onlangs in die Brakpan Landdroshof gevonnis.

Daar is langer tronkstraf opgelê aan twee van die beskuldigdes, weens hulle vorige veroordelings, relevant tot die misdrywe waaraan hulle dié keer skuldig bevind is.

Al vier die mans, Sipho Ndlovu (32), Mehluli Ngcobo (29), Bheki Nkomo (37) en Mlamuleli Nungu (32), is elk op drie klagtes skuldig bevind.

Die klagtes sluit in: roof met verswarende omstandighede, besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen, asook die besit van ammunisie.

Ndlovu is tot 25 jaar effektiewe tronkstraf gevonnis en hy sal eers na 16 jaar vir parool oorweeg word, Ngcobo is tot 21 jaar gevonnis en kan na 14 jaar aansoek om parool doen, Nkomo staar 30 jaar gevangenisstraf in die gesig en sal eers oor 20 jaar vir parool kan aansoek doen, Nungu is vir 21 jaar tronk toe gestuur en kan na 14 jaar vir parool in aanmerking kom.

Streekhof landdros Pieter du Plessis het voorgesit, terwyl die aanklaer George Makhudu was.

Lees ook:

Police pounce quickly on business robbers

Three years sentence for housebreaking

Man will spend time in jail after death of 73-year-old woman

Related Articles

Back to top button