CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Lid van anti-kapingseenheid se motor gesteel

’n Lid van Brakpan se anti-kapingseenheid het Vrydagoggend self deel van die misdaadsyfer geword, toe sy voertuig gesteel is.

Konst Jacques Vivier (24) het sowat ‘n week gelede na ‘n kompleks in Kenleaf verhuis. Vivier parkeer saans sy silwer Polo onder ’n skadunet naby sy wooneenheid.

Volgens Vivier het hy Vrydagoggend ongeveer 3vm wakker geword en gedink hy hoor honde veraf blaf. “Ek het nie onraad vermoed nie en verder geslaap,” het hy gesê.

Toe Vivier Vrydagoggend uitstap het hy gesien dat sy voertuig gesteel is.

“Dit is nie ‘n lekker gevoel nie. Ek betaal vir alles wat ek het en ek het mooi na my motor gekyk. Niemand het die reg om net jou goed te kom vat nie.”

Vivier is tans op siekteverlof nadat hy en twee kollegas in Meimaand beseer is in ’n ongeluk in Etoshastraat. Die insittendes het beheer oor die ongemerkte misdaadvoorkomingsvoertuig verloor, toe hulle ‘n verdagte voertuig in Dalpark, Uitbreiding ses, agterna gesit het.

Die drie lede van die anti-kapingseenheid is na die Life Glynnwood Hospitaal in Benoni geneem waar Vivier en Konst Collin Mashakeni vir hul beserings behandel is. Sers Okkie Venter het ernstige beserings opgedoen insluitend ’n gebreekte pelvis.

Die span was besig om die uitbreiding te patrolleer weens ’n toename in huisrowe en inbrake in die omgewing.

Lees ook:

Twee van Brakpan se anti-kapingseenheid trou

Brakpan anti-hijacking task team strikes again: Four suspects arrested and stolen goods recovered

Related Articles

Back to top button