CrimeLocal newsNews

Nuwe verwikkeling in saak van pa en dogter wat saam slaap en dade met hond pleeg

Die saak teen ‘n man en sy dogter, wat aangekla is van bestialiteit en bloedskande, is vir eers van die rol verwyder in afwagting vir die uitslae van DNA toetse.

Die twee het vandag (2 Julie) in die Brakpan landdroshof verskyn en is toe ingelig dat die saak vir eers van die rol verwyder gaan word.

Die 43-jarige man en sy 22-jarige dogter, van Brenthurst, is in November 2014 gearresteer, nadat hulle na bewering seksuele dade met mekaar en met ‘n hond gepleeg het.

Die SAPD het destyds beslag gelê op video opnames en foto’s van die dade.

Een hond is ook, na die twee se inhegtenisneming, van die perseel verwyder. ‘n Tweede hond het glo uitgegelip en dit is nie duidelik wat van dié hond geword het nie.

Lees die vorige berigte hier:

Pa en dogter in arres: Slaap saam met mekaar en pleeg dade met hond

Opvolg: Pa en dogter wat saam slaap kry borg

Pa en dogter wat saam slaap en dade met hond pleeg weer in hof

Pa en kind wat dade met hond plee en saam slaap sal aansoek doen om regshulp

Pa en dogter in April weer in hof

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Thelma Koorts

Thelma Koorts is an editor with a passion for delivering high-quality editorial services that meet the evolving needs of readers and clients. She currently serves as the editor for the Brakpan Herald, Springs Advertiser, African Reporter, and Heidelberg Nigel Heraut. With over 30 years of experience in journalism, her goal is to keep readers informed and updated through informative news from the community to the community.

Related Articles

Back to top button