Local newsNews

Brand lê huis in puin

‘n Brand het vanmiddag (Donderdag) ‘n huis heeltemal in puin gelê, ten spyte van verbete pogings van die Ekurhuleni Nooddienste wat gou op die toneel was.

Die struktuur van die huis, wat in Plumbagostraat, Leachville geleë is, is so te sê heeltemal vernietig en van die inhoud is daar ook bitter min oor.

Volgens die mediawoordvoerder vir die Ekurhuleni Nooddienste, Daine Jones, het die brand ongeveer 12.45nm uitgebreek.

Brandweerwaens van Brakpan, Tsakane en Benoni is na die toneel om hulp te verleen.

Sowat 14 lede van die brandweer het die brand geblus.

Jones het gesê dat niemand beseer is nie en dat die oorsaak van die brand ondersoek sal word.

Die eienaar van die huis Dealen Naidoo (36) het gesê dat hy sowat vyf jaar in die huis woon.

Kyk hier na die foto’s

Lees ook:

Brand lê kantoor en motors in puin

Vlamme gou geblus toe boom by Life Dalview Kliniek brand

Woonstel brand: bespiegeling oor vasgekeerde kind is onwaar

 

 

Related Articles

Back to top button