Editor's noteLocal newsNews

Finaliste poog om ‘n verskil te maak

Die finaliste van Lady Gracious 2015 het onlangs ‘n fondsinsamelingsprojek gehou, waartydens Furry Paws en ‘n jong man, wat serebraal verlam is, bevoordeel is.

Die projek is by die Van Dyk Park inkopiesentrum gehou en die publiek, asook ‘n groot groep motorfietsryers, het die poging goed ondersteun.

Finaliste in vanjaar se kompetisie het blikkies kat- en hondekos aan Furry Paws oorhandig. Kontant wat ingesamel is, is aan Arthur Gough (15) van Pretoria oorhandig.

“Lady Gracious ondersteun elke jaar ‘n persoon wat ‘n gebrek of siekte onder lede het. Vanjaar is dit Arthur se beurt. Hy is ‘n wonderlike seun en dit is vir ons regtig aangenaam om hom by te staan,” het Suret Ströh, organiseerder van die kompetisie, gesê.

‘n Sir en Miss Furry Paws-kompetisie is ook op die oggend gehou. Op die foto is die wenners, Nadine Gregorowski (regs) en Johan Gough( tweede van links). Saam met hulle op die foto is Suret Ströh en Arthur Gogh, wat serebraal verlam is.

Lees ook:

Lady Gracious finaliste geniet verwelkomingsnaweek

SPCA AGM

Related Articles

Back to top button