Editor's choiceLocal newsNews

Vrou beweer drie mans bedwelm haar: Ingespuit en poeier in mond gedruk

‘n 23-Jarige vrou van die dorp leef in vrees en is te bang om alleen te wees, nadat sy onlangs glo deur drie mans oorval en bedwelm is.

Die vrou, wat gevra het dat haar naam nie gepubliseer word nie, het vertel dat sy voor verlede Maandag ‘n nagmerrie ondervinding beleef het.

Volgens haar was sy vroeg die oggend oppad na haar werkplek, toe sy op die hoek van Stoffberglaan en Stasieweg met haar bromponie stilgehou het.

“Alles het baie vinnig gebeur en tot vandag toe kan ek nie al die detail onthou nie, want ek glo ek is bedwelm,” het sy gesê.

Sy vertel dat ‘n man met ‘n lang maroen-kleurige jas en twee ander ewe skielik by haar was.

“Ek kon duidelik voel dat hulle iets in my been gespuit het en terselfdertyd is ek van my bromponie afgetrek,” het sy bygevoeg.

Volgens haar het een van die mans toe sy hand by haar valhelm ingedruk en wit poeier in haar mond geforseer.

“Ek rook of drink nie en die smaak van die poeier was sterk en onaangenaam,” het sy vertel.

“Die mans het met my geloop, maar vandaar kon ek nie veel onthou nie.

”Ek onthou ‘n sementblad en ek onthou dat ek een van die mans uit die hoek van my oog by my bromponie gesien het; ek kon egter nie sien wat hy doen nie.

“My tong het opgeswel en dit was asof ek heeltemal in ‘n waas verkeer het.”

Die vrou vertel dat die mans, wat genadiglik niks aan haar gedoen het nie, ewe skielik net vir haar gesê het dat sy kan gaan: “Ek kan onthou dat ek met moeite by my bromponie uitgekom het; ek het bietjie beter begin voel en kon meer fokus.”

Die vrou het reguit na die Life Dalview Kliniek gery. Sy het ook haar vriend gekontak.

Sy is opgeneem en verskeie toetse is gedoen na aanleiding van die bewering dat sy moontlik ingespuit en mondelings ‘n vreemde middel ingekry het.

Die vrou is na drie dae in die hospitaal ontslaan en, volgens haar, is daar nog nie definitiewe bevindings gemaak nie. “Ek was na die voorval te bang om alleen te wees of op my bromponie te ry; ek lewe in absolute vrees,” het sy vertel. “Ek het geen idee waarom die mans dit gedoen het of wat hulle eintlike plan was nie.

“Al wat ek kan onthou is: daardie drie mans by my, die steek gevoel in my been en die poeier in my mond.

“Ek was nog nooit in my lewe so bang nie.”

Lees ook:

Ouers en seun op bed vasgemaak, geslaan, gedreig en beroof

Shots fired at shop owner

Warning: Be alert at the bank

Ten arrested for drug related offenses

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button