Ons sien hom gereeld en wanneer ons kan gee ons vir hom ‘n geldjie, alhoewel ek verkies om dit nie te doen nie. Ek glo eerder daaraan om kos of klere te gee.
Verlede Maandagoggend was hy weer daar en ons het vir hom ‘n sak klere van my man (hulle het omtrent dieselfde liggaamsbou) gegee.
Hy het die sak geneem en dit langs hom neergesit, sonder om daarin te kyk. Hy het ten minste dankie gesê.
Twee dae daarna het ons hom weer sien staan en toe ons by die verkeerslig stilhou, het hy na ons voertuig gekom. Hy het vir my man gesê dat niks van die klere hom pas nie en dat hy alles moes weggee. In dieselfde asem het hy vir geld gevra om kos te koop. Dit is mos nou stank vir dank.
Tussen die klere was daar ten minste twee truie wat hom beslis sou pas. Die klere was ook in ‘n goeie toestand én skoon én gewas. Hy moes maar liewer net stil gebly het, want nou sal hy nooit weer iets by ons kry nie.
Lees ook:
Not pleasant to live in Minnebron anymore
Wear slippers for a good cause
Brief van ‘n vet vrou aan ‘n maer vrou