Editor's choiceLocal newsNews

Agt-jarige het reeds 118 titels agter haar naam

Wanneer Natalie Krause (8) haar verskyning op ‘n loopplank maak, kan jy maar daarvan verseker wees dat die jong model nie sommer ‘n voetjie verkeerd sit nie.

Dié talentvolle klein model het, sedert sy vier jaar gelede modelwerk begin doen het, reeds 179 keer aan verskillende kompetisies deelgeneem.

Sy is 118 keer as die wenner aangewys, het 39 tweede plekke behaal en 22 derde plekke.

Haar mees onlangse sukses was toe sy as wenner van die King and Queen of South Africa (in haar ouderdomsgroep) gekroon is.

Dié kompetisie is op 9 Mei in Pretoria gehou en is ‘n gesogte byeenkoms waaraan top modelle van oral deelneem.

Haar ma, Mariette, het gesê dat Natalie nog elke kompetisie terdeë geniet en dat sy uitsien na die volgende groot een wat in September plaasvind.

Die klein blonde koppie sal dan meeding om die titel van Toddler and Tween of the World 2015.

“Natalie het baie van haar sukses te danke aan Valerie Begbie, van Vogue Catwalk Models, in Pretoria, by wie sy top gehalte afrigting ontvang,” het Mariette gesê.

Lees meer oor Natalie:

Geen keer aan die boetie en sussie nie

Lees ook: 

Former pupil of Die Anker could become Miss Earth

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button