Editor's choiceLocal newsNews

Die verkeerde kopie kan jou in groot moeilikheid laat beland

Die publiek moet maar versigtig wees voordat hulle in die versoeking kom om ‘n winskopie op te raap.

Veral wanneer dié winskopie deur ‘n verdagte persoon of onder verdagte omstandighede aangebied word.

So ‘n daad kan tot jou arrestasie en vervolging lei.

Kapt Joep Joubert, van die Brakpan SAPD, het gesê dat daar die afgelope tyd talle voorvalle was waar die publiek gesteelde goedere gekoop het.

‘n Persoon wat dit doen kan aangekla word op ‘n klag van die besit van moontlik gesteelde eiendom.

“Daar is persone in die dorp wat nie skroom om by besighede en huise in te breek om te steel en dadelik die goedere van die hand te sit nie,” het Joubert bygevoeg.

“In baie gevalle word dit gedoen om geld vir dwelmmiddels in die hande te kry.

“Ons raai die publiek aan om eers doodseker te maak oor waar goedere vandaan kom, voordat hulle dit koop.”

Lees ook: 

Motorkapers se nuutste manier om jou kar te vat

Four suspects arrested and stolen goods recovered

Related Articles

Back to top button