EntertainmentLifestyleLocal newsNews

‘n Fees vir teatergangers

Lefra Produksies bring dié naweek twee puik produksies, wat uitstekend gevaar het tydens die onlangse Clover Aardklop Nasionale Kunstefees, na Carnival City se Mardi Grasteater.

Teatergangers kan uitsien daarna om Paul Lückhoff in Oom Schalk Lourens se Mampoerstories, en Ana van Achterbergh in Liewe Heksie, te geniet.

Die gesoute akteur en deesdae die karakter Oom Wimpie in Binneland, is Suid-Afrika se nuwe Oom Schalk Lourens, die geliefde karakter wat Herman Charles Bosman jare gelede geskep het.

Oom Schalk Lourens se Mampoerstories is verlede jaar tydens die jaarlikse Clover Aardklop Nasionale Kunstefees bekendgestel, en vir die eerste keer in Afrikaans.

Dit is verwerk en vertaal deur Frans Swart van Lefra Produksies, wat ook die regie van die produksie hanteer.

Oom Schalk Lourens se Mampoerstories is vanaand (29 Mei), om 8nm, in die Mardi Grasteater te sien.

Lefra Produksies toer ook reeds sedert 2009 met baie suksesvolle Liewe Heksie-produksies.

Twee nuwe Liewe Heksie stories het nou die lig gesien en die jongspan kan nader skuif, want Liewe Heksie en haar kaboutermaats besoek die Mardi Grasteater môre (30 Mei), om 10vm.

Die skepper van Liewe Heksie, Verna Vels, is vroeër vanjaar oorlede en het kort voor haar dood ‘n splinternuwe storie spesiaal vir Lefra Produksies geskryf.

Regisseur Frans Swart het vir Verna oortuig die nuwe Liewe Heksie-storie te skryf.

Hierdie Heksie-teaterproduksie, Liewe Heksie en die Tuindwergie, beloof om jonk en oud te vermaak.

Besoek die ‘events page’ 

Lees ook:

Expect the unexpected

Related Articles

Back to top button