Samaritaan betaal hekgelde

"Dankbare inwoner'' van Brenthurst skryf: Ek en my vrou en ons twee kinders wou Saterdag na die Just Wheels Motorskou gaan.

 

Ons het nie gedink dat ons moet betaal om in te gaan nie, en ons sou dit in elk geval nie kon bekostig nie. (Die hekgelde was R30 per persoon).

Ons het nog daaroor gestaan en praat en toe het ‘n man ons gehoor.

Hy was saam met sy vrou daar en hulle het dadelik gesê dat hulle vir ons sal betaal. Ek wou eers nie, maar die man het aangehou totdat ons gesê het dit is reg so.

Toe ek hom vra wat sy naam is, het hy gesê ”Piet” en net gelag. Ons het die oggend baie geniet en kon die geld wat ons wel gehad het spandeer om iets te koop om te eet en te drink.

Dit was moeilik om ons kinders daar weg te kry, want dit was regtig waar baie lekker.

Lees ook: 

Dankbaar vir hulp na ongeluk

Motorskou lok duisende

Exit mobile version