Verpleging onder die soeklig

‘n Groep graad nege leerders van die Hoërskool Stoffberg het verlede Dinsdag die Life Dalview Kliniek gaan besoek.

Die besoek het deel uitgemaak van die hospital se viering van Internasionale Verpleegstersdag, wat op 12 Mei plaasgevind het.

‘n Woordvoerder vir die hospitaal het gesê dat die skool se graad nege leerders genader is, met die oog op die feit dat hulle vanjaar vakkeuses moet maak.

“Die fokus was om hulp te verleen aan leerders wat moontlik ‘n mediese rigting wil volg. ‘n Voorlegging is hieroor aangebied,” het die woordvoerder gesê.

Die groep leerders het ‘n toer deur die hospitaal onderneem en het ook bygestaan toe verpleegpersoneel van die Life Dalview Kliniek die “Florence Nightingale Nurse’s Pledge” afgelê het.

Internasionale Verpleegstersdag (International Nurses’ Day) word jaarliks gevier om erkenning te gee aan verpleegpersoneel reg oor die wêreld.

Lees ook: Jong pasiënte word so opgevrolik

Exit mobile version