Vlamme gou geblus toe boom by Life Dalview Kliniek brand

Flinke en kalm optrede  van die personeel van die Life Dalview Kliniek het vanmiddag (Donderdag) gesorg dat ‘n brand, wat ontstaan het, binne ‘n oogwenk onder beheer gebring is.

‘n Groot palmboom, wat op die sypaadjie teen ‘n buitemuur van die hospitaal staan, het ongeveer 3nm aan die brand geraak.

Presies hoe die boom begin brand het, is nog nie duidelik nie.

Henriette Pretorius, hospitaalbestuurder, het gesê  dat personeel opgemerk het dat die boom brand.

Aan die binnekant van die muur is afdakke, wat met skadunet bedek is, waaronder voertuie van die personeel staan.

“Die skadunette het gou begin brand maar ons kon daarin slaag om die voertuie weg te kry,” het Pretorius gesê.

Personeel het ook self met brandblussers en ‘n brandslang die brand begin blus.

Ekurhuleni Nooddienste het, nadat hulle op die toneel gekom het, gesorg dat die brand volkome onder beheer is.

“Niemand is beseer nie en ons pasiënte en besoekers is op geen wyse ontwrig nie,” het Pretorius gesê.

Kyk hier na meer foto’s van die brand

Lees ook:

Brand lê kantoor en motors in puin

Woonstel brand: bespiegeling oor vasgekeerde kind is onwaar

Exit mobile version