Local newsNews

Woonstel brand: bespiegeling oor vasgekeerde kind is onwaar

‘n Woonstel in Hesta Hof het vanoggend aan die brand geraak en die vermoede het ontstaan dat daar moontlik ‘n tienerseun in die woonstel kon wees.

Nooddiens werkers was gou op die toneel en nadat die brand onder beheer gebring is, kon daar bevestig word dat daar niemand in die woonstel was nie.

Die huurder van die woonstel was nie tuis nie en het nog nie opgedaag, in die tyd dat die Herald daar was nie.

Kapt Joep Joubert, polisie woordvoerder, wat ook die toneel besoek het, het bevestig dat niemand in die woonstel was nie.

Die oorsaak van die brand sal ondersoek word.

Kyk hier na die foto’s

Lees ook: Brand lê kantoor en motors in puin

Related Articles

Back to top button