LettersLocal newsNewsOpinion

Wrakstukke moet verwyder word

Marius Knoetze van Sonneveld skryf: Op die foto kan gesien word hoe ons sypaadjies lyk na ‘n ongelukstoneel.

Iemand moet tog sekerlik verantwoordelik wees daarvoor om op te ruim en kleiner wrakstukke te verwyder nadat ‘n ongeluk plaasgevind het.

Ons sypaadjies begin nou al na ‘n “scrap yard” te lyk, na die ongelukke wat onlangs in Farquharsonweg plaasgevind het.

Twee weke gelede was dit die motorfiets ongeluk, waar wrakstukke van die motorfiets en die voertuie nie verwyder is nie.

Die kleiner wrakstukke van Sondag (26 April) se ongeluk is ook nie weggeneem nie.

Die inwoners van Sonneveld sit met hulle hande in hulle hare oor die toestand van die sypaadjies maar ook oor die motorfietse en karre wat so jaag in Farquharsonweg.

Farquharsonweg word nou “Pad van die dood” genoem.

Lees hier oor die twee ongelukke: 

Related Articles

 
Back to top button