Editor's choiceLocal newsNews

Lojale werker van CMR groet na 22 jaar

Personeel van die Christelik Maatskaplike Raad (CMR) van Brakpan het onlangs afskeid geneem van ‘n werknemer, wat die afgelope 22 jaar by die organisasie werksaam was.

‘n Emosionele Anna Shabangu het aandagtig geluister hoe daar, tydens haar afskeidsfunksie, met groot lof van haar gepraat is.

Die 66-jarige Anna het as skoonmaker vir die CMR gewerk, maar deur die jare het sy nooit geskroom om te help net waar sy kon nie.

Die voorsitter van die CMR, ds Robert Geyser, het haar bedank vir haar toegewydheid en harde werk.

“Anna het deel geword van die CMR en sy gaan baie beslis deur almal hier gemis word,” het Geyser gesê.

Marie Horn, wat vir baie jare die administratiewe beampte van die CMR was, het groot lof vir Anna gehad.

“Anna was altyd vriendelik, sy het nooit kwaad geword nie en sy het uit haar pad gegaan om haar eie gesin en familie, asook ander mense met wie sy in aanraking gekom het, te help,” het Horn gesê.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button