Local newsNews

Brand lê kantoor en motors in puin

‘n Brand wat vanmiddag (Dinsdag) by ‘n motorhandelaar in Prince Georgelaan uitgebreek het, het groot skade aan ‘n kantoor en ten minste ses voertuie aangerig.

Die brand het ongeveer 2.30nm in die kantoor van Allee’s Used Car Sales uitgebreek.

Die eienaar, Mohammed Allee het aan die Herald gesê dat alles in orde was en dat die personeel skielik rook by die kantoor sien uitborrel het.

Die kantoor is heeltemal in puin gelê en ten minste ses voertuie, wat naaste aan die kantoor geparkeer was, is erg beskadig.

“Al die motors op die vloer se sleutels en dokumentasie was ook in die kantoor en is vernietig,” het Allee aan die Herald gesê.

Lede van Ekurhuleni se Nooddienste was op die toneel.

Kyk na die foto’s

Related Articles

 
Back to top button