Editor's choiceLocal newsNews

Nog ‘n ernstige ongeluk op brug waar motorfietsryer sterf

Slegs twee weke nadat ‘n motorfietsryer op die brug in Farquharsonweg gesterf het, het daar Sondag (26 April) weer ‘n ernstige ongeluk plaasgevind.

Die ongeluk het basies op dieselfde plek gebeur, waarvan Jaco Boshoff (28)  van Elsburg twee weke gelede gesterf het. (Gru-ongeluk eis motorfietsryer en pa van twee jong kinders).

Volgens inligting was daar ‘n botsing tussen ‘n Toyota Fortuner en ‘n kleiner voertuig.

Die man, wat die Fortuner bestuur het en glo die enigste insittende was, is na die N17 hospitaal vervoer met minder ernstige beserings.

Die bestuurder van die kleiner voertuig is na die Verre Oosrandse Hospitaal vervoer met veelvuldige beserings.

Nooddienswerkers het egter baie lank gespook om die passasier uit dié voertuig te bevry.

Sy het, volgens inligting, ook veelvuldige beserings opgedoen en is  per helikopter na ‘n hospital in Alberton vervoer.

 

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button