CrimeNews

Vermeende motordiewe is tronk toe

Drie vermeende motordiewe het hulself lelik met die regstelsel misgis, toe hulle verlede jaar ‘n kar probeer steel het.

Danksy die flinke optrede van die Brakpan SAPD en goeie speurwerk deur s-konst Selwyn Pieterse gaan die mans nou ‘n hele paar jaar agter die tralies deurbring.

Die drie het op 16 Januarie 2014 ‘n Fiat Uno in Derbylaan probeer steel.

Ongelukkig vir hulle, het lede van die Brakpan SAPD hulle betrap en is hulle op ‘n aanklag van poging tot voertuigdiefstal gearresteer.

Die drie, Richard Shabangu (27), Sipho Alfred Masinga (38) en Vuzi Oupa Kwekwana (38), is onlangs al drie skuldig bevind en elk tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis.

Vier jaar van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort, op voorwaarde dat die beskuldigdes hulself nie weer skuldig maak aan soorteglyke misdrywe nie.

Related Articles

Back to top button