Editor's choiceLocal newsNews

Neem ‘n Moedersdagfoto en wen

Moedersdag is om die draai en met die oog hierop is die Herald opsoek na ‘n mooi ma en kind foto.

‘n Paneel beoordelaars sal deur die inskrywings gaan en die beste een kies.

Die ma in die wenfoto sal ‘n geskenkpak, wat deur Sherwood Pick n Pay geborg word, ontvang.

Dit is maklik om in te skryf, maar onthou dat ons opsoek is na ‘n foto wat die spesiale band tussen ‘n ma en haar kind/kinders uitbeeld.

Dit kan ‘n prettige foto wees, of iets meer ernstig.

Onthou ook die volgende:

* Foto’s moet nie ouer as vier maande wees nie en slegs inwoners van die dorp kan inskryf.

* Foto’s moet in jpeg-formaat gestuur word en minstens 1MB wees. Foto’s wat digitaal gemanipuleer is sal nie in ag geneem word nie.

* Die name, vanne en ouderdomme van almal op die foto moet verskaf word.

* Geen ‘n kort beskrywing van die foto, soos waar dit geneem is.

* Die pesoon wat die foto inskryf se naam, van en telefoonnommer moet ook gemeld word.

* Foto’s kan per epos gestuur word, na brakpanherald@caxton.co.za

* Meld die word, Moedersdag fotokompetisie in die onderwerpboks.

* Foto’s kan ook by ons kantoor te Hendrik Potgieterstraat 25, Dalview, ingehandig word.

* Die sluitingsdatum vir die fotokompetisie is 4 Mei, om 9vm.

Die wenfoto sal in die uitgawe van 8 Mei gepubliseer word.

Related Articles

Back to top button