CrimeNews

Sussies takel mekaar in hotel: een steek die ander met ‘n bottel

Twee sussies (ouderdomme onbekend) het mekaar Sondagoggend in ‘n hotel op die dorp getakel, en in ‘n woeste geveg betrokke geraak.

Volgens inligting van die SAPD het die een suster die hotel om ongeveer 2vm besoek, saam met ‘n vriend.

Sy het opgemerk dat haar sussie daar is, maar het haar blykbaar nie gegroet nie, aangesien die twee nie op vriendskaplike voet verkeer nie.

Die suster, wat saam met haar vriend gearriveer het, het na die dansbaan beweeg toe sy voel dat iemand haar glo aan die hare pluk.

‘n Struweling het onstaan en die suster wat tweede by die hotel aangekom het, is na bewering met ‘n gebreekte bottel gesteek deur die een wat eerste daar was.

Die klaer het haarself, volgens die polisie, probeer verdedig, maar haar sussie het haar ook met haar hande en elmboog geslaan.

Die beseerde sussie moes mediese behandeling ontvang en ‘n saak van aanranding word deur die Brakpan SAPD ondersoek.

Related Articles

Back to top button