Oud-leerling van Stoffberg behaal uitsonderlike prestasie

Mario Ribeiro (22), ‘n inwoner van Dalpark en ‘n oud-leerling van Die Hoërskool Stoffberg, is een van slegs 18 kandidate landswyd wat die Suid-Afrikaanse Instituut vir Geoktrooieerde Rekenmeesters (SAIGR/’SAICA’) se aanvanklike toets van bevoegdheid (‘ITC’) eksamen met ‘n onderskeiding geslaag het.

Mario Ribeiro het in 2014 sy BCom honneurs in Geoktrooieerde Rekenmeesterskap, wat gelykstaande is aan ‘n sertifikaat in die Teorie van Rekeningkunde, aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit verwerf.

“Ek sou niks kon bereik het as dit nie vir al my ondersteuningsraamwerke was nie,” het Mario gesê.

“My ouers en familielede het my altyd ondersteun en gemotiveer en sonder ons Hemelse Vader sou niks moontlik gewees het nie.”

Tans werk Mario by KPMG in Johannesburg, waar hy besig is om sy drie jaar klerkskap te doen, voordat hy as ‘n geoktrooieerde rekenmeester kan kwalifiseer .

In sy vrye tyd geniet hy dit om saam met sy familie en vriende tyd te spandeer en speel hy graag aksiesport.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version